Аннотация

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.

Аннотация

"Die rykes kyk na mekaar, die armes moet na hulleself omsien. Of alle klein dorpies dit doen, weet ek nie, maar Allesverloren doen dit beslis. Aanmekaar. En die ergste van alles is dat hulle dit nie eens meer agterkom nie. Dit word net van geslag tot geslag so aangegee. Jy raak gewoond daaraan om saam met jou kliek te swem om bo te bly. Ek dink tannie Erta het moeg geraak vir swem. En omdat sy verkies het om anders te leef, het hulle haar verwerp." Wanneer Melinda een oggend opstaan, het haar tante Erta eenvoudig spoorloos verdwyn. Hoekom lê die skêr, verf en karton nog op die kombuistafel asof sy onderbreek is? Waarom het sy nie ’n briefie gelos soos sy altyd maak nie? Jare gelede is Erta deur die dorpenaars as ’n heks gebrandmerk oor haar kruierate en eksentrieke gedrag, veral nadat Oudominee begin het met sy vendetta teen haar. Melinda vermoed onraad en al plan wat sy het is om Barrie Barnard, privaatspeurder en buitestander, in te roep om Erta te vind voor dit te laat is.

Аннотация

In It’s Me, Anna South Africans were introduced to a girl-child few would ever forget. Anna was a survivor of hell – for eight long years she was sexually abused by her stepfather. But she got away from him, and from that life. In the final moments of It’s Me, Anna she looked her stepfather in the eye, and shot him.But what happened to Anna after she pulled the trigger? In this follow-up Anchien Troskie, writing once again as Elbie Lötter, tells the story of Anna’s life after her stepfather’s death. How does one seek forgiveness for murder? Or is retribution the only way to bring about justice? The State Vs Anna Bruwer is excruciatingly honest: filled with compassion, and ultimately, hope.

Аннотация

Die opvolg op Dis ek, Anna. Wat hét met Anna gebeur die oomblik ná sy die sneller getrek het? Ná sy haar stiefpa wat haar soveel jare lank fisies en emosioneel verrinneweer het, vroeg een oggend in Bloemfontein in die oë gekyk, en toe geskiet het? Agt jaar ná die verskyning van Dis ek, Anna neem Anchien Troskie aldus Elbie Lötter weer haar pen op, en skryf die opvolg. Hoe vra ’n mens vergifnis, en wanneer mag jy wraak neem? Dit is die vrae waarmee Anna – en ook die skrywer – worstel . . . ’n Skreiend eerlike roman oor Anna Bruwer se lewe ná die moord op haar stiefpa – ’n boek gevul met deernis, en eindelik ook hoop.

Аннотация

She called herself Silent Anna because she couldn’t tell anyone what happened between her and her stepfather. Now, many years later, she breaks the silence to reveal the sexual abuse she suffered, its impact on her life and how she has finally managed to overcome it. It’s me, Anna is based on a true story.

Аннотация

Deur die skrywer van Dis ek, Anna en Nooit is ’n lang, lang tyd. Emmie is ’n sekretaresse by ’n vooraanstaande privaat skool. Teen haar sin word sy ’n dwelmhandelaar . . . En voor sy haar oë kan uitvee word haar eie lewe ’n maalkolk van leuens, verraad, en uiteindelik moord. Tot ’n beskermengel op haar pad verskyn.

Аннотация

Uiteindelik, ‘n nuwe boek deur die skrywer van Dis ek, Anna, nou onder haar eie naam! Dis ‘n lekker-leesroman oor drie vriendinne wat saam gaan vakansie hou langs die see. Net om agter te kom elkeen van hulle bewaar al jare lank ‘n geheim wat die ander nie dúrf weet nie. Dis ‘n meesleurende roman – oor die liefde, oor leuens, geheime, kinders, kilojoules en mans. En bowenal, oor vriendskap.