Аннотация

Suzanne en Phil is nog nie lank in ’n verhouding nie, maar sy hoop hy sal haar binnekort vra om te trou. Sy sukkel egter al hoe meer om nie vergelykings met haar vriende se verhoudings te tref nie. Hoekom kan sy en Phil mekaar net op sekere dae op spesifieke plekke sien? Kan een mens régtig so hard werk? Dan besluit tannie Gertruida onverwags om by Suzanne in te trek en Phil is glad nie ingenome met die idee nie. Tannie Gertruida is beslis nie op haar mond geval nie en haar teenwoordigheid kompliseer die stand van Suzanne en Phil se verhouding – veral wanneer tannie Gertruida ’n hegte vriendskap bou met hul jong buurman Herman. Suzanne sien en hoor nou al hoe meer van haar buurman wie se hart na sy familieplaas hunker, en wanneer sy iets uiters onaangenaam van Phil te wete kom, sukkel sy om nie ook met ander oë na Herman te kyk nie.

Аннотация

Mynhard Malan erf die plaas Koppie-alleen by sy vervreemde pa. Terwyl hy tydelik op ’n nabygeleë kleinhoewe tuisgaan, word sy voete letterlik en figuurlik onder hom uitgeslaan deur sy misterieuse buurvrou. Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? ’n Tartende duiwel op sy skouer wil vir Mynhard wysmaak dis iets anders as goeie maniere wat hom na haar toe dwing. Tessa wil egter nie nóg ’n aantreklike man naby haar toelaat nie. Hoekom is sy so kil en afsydig, en wat weet sy omtrent Charlotte Basson se dood? Mynhard sal iets aan sy muisneste moet doen. Dalk moet hy haar liefs vermy en hom by die plaaswerk bepaal voordat hy té betrokke raak by haar probleme. Boonop het hy ’n groot uitdaging op hande toe die beeldskone en manipulerende Yvette Minnaar opdaag.

Аннотация

In Hart van die son beland Nadia Pretorius in die hof ná traumatiese gebeure. Sy word vrygespreek danksy Dewald Duvenage se knap regsvaardighede en hy kry ook vir haar werk by sy pa se prokureursfirma. Maar Nadia is steeds vasgevang in die verlede en neem verlof om haar grootwordplek, waar alles begin het, te besoek. In Beenaf bokkie val die bodem uit Candy Cilliers, diere-aktivis, se wêreld toe haar ouers feitlik oornag alles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar “oom”, Fouche Mulder, en hy verwag sy moet vir hom gaan huishou op sy plaas – waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag! In Romanse agter die skerms wen Colette ’n naweek op ’n gasteplaas saam met haar gunsteling-tydskrif se held van die maand. Maar die “held”, Emile, is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de la Roche wat Colette se hart sal verower?

Аннотация

In Rots van Stormbaai besluit Melanie Walters impulsief om saam met haar seuntjie op die verafgeleë kusdorpie Stormbaai vakansie te hou. Maar sy het nie rekening gehou met die eksentrieke inwoners nie. Oom Jors, dierbare Thys en die sjarmante plaasboer Giel trap haar drumpel plat. Maar dis die enigmatiese Lafras Retief wat haar fassineer.

Аннотация

In Drome van gister sien Alet Britz uit om saam met vriende in die Richtersveld te kampeer – weg van die stadsrumoer, haar verpleegsuniform en haar sieklike ma. Maar ná skaars ʼn dag is haar vriendin Bets se broer oortuig Alet is die vrou vir hom. Hoe kan sy aan Jan verduidelik dat haar hart steeds aan iemand anders behoort?

Аннотация

In Drome van gister sien Alet Britz uit om saam met vriende in die Richtersveld te kampeer – weg van die stadsrumoer, haar verpleegsuniform en haar sieklike ma. Maar ná skaars ʼn dag is haar vriendin Bets se broer oortuig Alet is die vrou vir hom. Hoe kan sy aan Jan verduidelik dat haar hart steeds aan iemand anders behoort? In Rots van Stormbaai besluit Melanie Walters impulsief om saam met haar seuntjie op die verafgeleë kusdorpie Stormbaai vakansie te hou. Maar sy het nie rekening gehou met die eksentrieke inwoners nie. Oom Jors, dierbare Thys en die sjarmante plaasboer Giel trap haar drumpel plat. Maar dis die enigmatiese Lafras Retief wat haar fassineer. In Rabbedoe se temmer kom rykmanskind Vicky Webster ná haar pa se dood agter dat hulle bankrot geboer het. Gelukkig bied die aantreklike Wouter Hoyt vir haar werk in hul huishouding aan. Pierre, sy ouer broer, is egter glad nie beïndruk nie en het boonop ʼn jaloerse meisie. Wie van die Hoyt-broers sal hierdie rabbedoe tem?

Аннотация

In Die seewind se lied besluit Elmien Maritz sy gaan Hartenbos toe. Nie om vakansie te hou nie, maar om die duistere verlede van Schalk Schoeman, die man met wie haar ma kort tevore halsoorkop getroud is, te ondersoek. Sy is nie voorbereid op wat volg nie ¬– ’n ongewone vakansieromanse, propvol spanning, liefdesintrige en humor.

Аннотация

In Storms van die liefde ontvou ’n liefdesverhaal by Mosselbaai se groot olieboorprojek. Die tergende vraag ontstaan: waar sal Esbeth geluk vind – by Richard, haar vermiste man; by die charismatiese, ryk Gustav; of by De Wet, die verliefde diamantsmokkelaar?

Аннотация

In Storms van die liefde ontvou ’n liefdesverhaal by Mosselbaai se groot olieboorprojek. Die tergende vraag ontstaan: waar sal Esbeth geluk vind – by Richard, haar vermiste man; by die charismatiese, ryk Gustav; of by De Wet, die verliefde diamantsmokkelaar?
In Die seewind se lied besluit Elmien Maritz sy gaan Hartenbos toe. Nie om vakansie te hou nie, maar om die duistere verlede van Schalk Schoeman, die man met wie haar ma kort tevore halsoorkop getroud is, te ondersoek. Sy is nie voorbereid op wat volg nie ¬– ’n ongewone vakansieromanse, propvol spanning, liefdesintrige en humor.
En in Spoelklippies in stormwater weet Karlientjie Strauss nie dié kant toe of daai kant toe nie. Sy staan op trou met Willem Potgieter, die nuwe eienaar van hul buurplaas, maar dan verskyn Hugo Burger, haar tante se deksels aantreklike stiefseun, op die toneel . . .

Аннотация

Dokter Lara Strydom is aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help. Kort voor lank is sy egter glad nie meer so seker dat sy wil teruggaan stad toe nie, want die dorpie en sy mense begin al hoe meer in haar hart kruip. Veral wanneer sy die aantreklike Paul Sauerman met sy gitswart hare en sy kruppel been beter leer ken. Maar Paul dra ’n bitterheid in hom wat hulle albei se geluk op die spel plaas. Waarom sien hy nog steeds die beeldskone Jessica, die vrou wat hom kort ná sy ongeluk vir sy broer verruil het?