Аннотация

In Die vurige swartkop verander Elmarie Keyser se lewe drasties na die dood van haar suster, Luzaan – plotseling word sy die pleegmoeder van Luzaan se buite-egtelike seuntjie. Hoe kan sy haar belofte aan haar suster nakom en steeds ’n normale lewe – ook liefdeslewe – lei?In Ver bo korale verneem dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê . . . maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie. En in Somer in Portugal bied die hertog De Poveiros vir Alicia ’n werk as kinderoppasser aan. Met verloop van tyd, totaal onvewags, begin ’n huwelik met dié hertog na ’n sterk moontlikheid lyk. Dit beloof om haar lewe ingrypend te verander.

Аннотация

In Tart my nie, mijn heer staan Celeste Valkenier op trou met Carl van Heiden. Maar sy het nie rekening gehou met die Franse markies wat bereid is om tot sy laaste druppel bloed te veg vir die nooi wat sy hart gesteel het nie.In Suzette van Voltaire kom die verbitterde Franse edelman Marco de la Roche na Kaap die Goeie Hoop, vas oortuig hy sal nooit weer ’n vrou kan liefkry nie. Maar sy ma het ander planne, en wil met alle geweld vir hom en die mooie Suzette by mekaar uitbring.En in Kaalbult se erfgenaam moet Elsa Verster teen haar sin die voorwaarde verbonde aan haar erfporsie aanvaar. Alte gou bevind sy haarself boonop vasgewikkel in ’n bittere liefdesdriehoek

Аннотация

In Waar die frangipani bloei is die streng, tradisievaste Portugese Edelman wat die septer swaai op Braco nie voorbereid op die koms van die vurige, selfstandige Ronelle Dekker na dié Afrika-kusdorpie nie. Dis nie lank nie of die vonke spat tussen hulle!In Volmaan oor die Tiber verneem Karin du Rand dat sy slegs vier maande oor het om te leef. Haar laaste dae wil sy in Rome deurbring, en hier maak sy onverwags kennis met ’n briljante breinchirurg. Is daar wél nog hoop vir haar?En in Dierbare duiweltjie verneem Vanessa die skokkende nuus dat haar man ’n veelwywer is! Hierna dra sy ’n enorme wrok teen die manlike geslag . . . totdat sy die aantreklike dokter Gerrit Mynhardt ontmoet.

Аннотация

Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . én ware liefde.

Аннотация

Аннотация

Drie gunstelingverhale deur Susanna M. Lingua: In Die vurige swartkop word Elmarie Keyser ná haar suster se afsterwe haar nefie, Mark, se pleegouer. Elmarie kan egter nie as ongetroude meisie vir Mark aanneem nie, en sy grootouers het ook ’n aanspraak op hom. Hoe gaan Elmarie haar belofte aan haar suster nakom? Dan ontmoet sy vir Lafras Zeeman, ’n miljoenêr, en hy bied vir haar ’n oplossing. In Karlien kom die heldin uit die staanspoor uitstekend met meneer Visser, haar bejaarde, skatryk werkgewer, oor die weg. Wanneer oubaas Visser egter ’n hartaanval kry, moet sy seun uit die buiteland terugkeer om die besigheid oor te neem. Ryno Visser is berug vir sy humeur en onverbiddelikheid . . . En in Nimf van die berge maak Anita Hamman planne om op haar erfplaas Hammanskloof te gaan boer. Gustav Erlank is die kwaai jong eienaar van die buurplaas, Rietvlei. Kort voor lank begin Anita jaloers raak op die beeldskone Wanda, wat geen geheim daarvan maak nie dat sy trouplanne met Gustav het.

Аннотация

Аннотация

Аннотация

Аннотация

Winde van herinnering, waarin Thea Strassheim tydens haar gedwonge verblyf op die landgoed Hamilton Estate moet besluit: sal sy haar lewe op die altaar lê in ruil vir kortstondige geluk saam met die man wat sy meer as haar eie lewe bemin?