Аннотация

Daar is al oorgenoeg eindes vir die wêreld of die menslike beskawing voorspel. Hoe sal dit regtig kan gebeur? Johannes Bertus de Villiers ondersoek die aardskuddende gevare wat ons (miskien?) inwag.Die profesieë van die Majas en Nostradamus, ons ontstuimige son, natuurrampe, meteoriete uit die buitenste ruim, selfs zombies en eindvisies eie aan Suid-Afrika word hier saamgevat.Daar is hoop, selfs al gebeur die ergste. Vind uit wat om te doen in die eerste 5 minute ná die groot ramp, en 'n egte «survivalist» wys 'n bietjie van hoe om in die veld te oorleef. En dan wat van mense wat moet voortleef ná hulle verkeerde voorspellings gemaak het?

Аннотация

Dit is nie noodwendig maklik om bly te wees nie – maar Johannes de Villiers wys hoe dit ’n haalbare doel is vir enigiemand. Vind in hierdie boek ’n omvattende blik op lewensvreugde; alles van teorieë oor wat presies blydskap behels tot praktiese wenke om dit te bereik, met inligting van spiritueles sowel as sielkundiges. Ware verhale staaf sy voorstelle, soos dié van die man wie se pad na blydskap begin het toe Geheime Polisie hom skiet.

Аннотация

Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, 'n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – raak te sien. Dit kan ook jou storie wees.